Pa van vermoorde Middelburgse vrou bied R100 000 beloning aan

ST Potgieter, die pa van die vermoorde Middelburgse ma en oudioloog, Igna Nortjé (33), het met behulp van sy werkgewer ʼn R100 000 beloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname en skuldigbevinding van haar moordenaar.

Nortjé is op 30 Mei naby Verene, buite Middelburg in Mpumulanga, vermoor. Sy is vroeër die dag by haar huis in Middelburg ontvoer. Nortjé se liggaam is later die dag ʼn paar meter van haar verlate voertuig gevind. Sy het verskeie steekwonde, onder meer aan haar keel, gehad. Niks is uit die huis gesteel nie en sy het nog haar horlosie aangehad. Haar ontvoerders het drie keer deur die dag geld uit haar bankrekening onttrek.

LookLocal Middelburg berig die plaaslike ondersoekspan, met die hulp van ’n privaat ondersoekdiens, volg sedertdien elke brokkie inligting op wat moontlik kan lei tot die inhegtenisname van die skuldige.

Potgieter het Maandag gesê dat hy nie weet hoe ver die ondersoek gevorder het nie. Hy het wel gesê dat die R100 000 beloning aangebied word vir enige inligting wat sal lei tot die inhegtenisname en skuldigbevinding van haar moordenaar.

Enige persoon wat inligting kan verskaf, kan speur-sers. Christo van Schanke bel by 072-203-9148.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.