Pa van vier sterf in botsing

Foto: Jacobus Myburgh/Krugersdorp Nuus

Foto: Jacobus Myburgh/Krugersdorp Nuus

ʼn Pa van vier is dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die man se vrou en hulle vier seuns, tussen vier en 12 jaar oud, is almal kritiek beseer. Die ongeluk het Donderdagaand naby die West Village-kruising plaasgevind. Vermaak sê die vragmotor het glo ʼn u-draai gemaak by die kruising waarna die gesin se motor in die kant van die vragmotor vasgery het. “Paramedici het die pa dood aangetref agter die motor se stuurwiel. Die ma is voor in die voertuig gevind.” Vermaak sê die ma en twee seuns is in die Leratong-hospitaal opgeneem. Een van die seuns is per helikopter na die Garden City-hospitaal geneem terwyl die ander seun na die Milpark-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eben ·

Sterkte aan die familie …. en die trok drywer? Weer jare se kanstige ondersoeke waar dit voor die hand duidelik was dat n U-draai gemaak is.

Izette ·

Dis bja hartseer my hart en gebede aan die familie die Here se krag sal julle almal hier deur dra !sterkte

odelia ·

Haal die trokke van die pad af!!!!!!!! Daar is spoor vervoer. Het ook amper my kinders in so tragiese ongeluk verloor!

Kobus ·

Odelia daar is nie meer ‘n spoorvervoer. Ramos het die spoorweë oor die afgrond gedryf.

Marius ·

@Kobus, net soos al die ander goed in die land…alles oor die afgrond!

Belinda Weir ·

Die trok het nie n U draai gemaak nie! Daar was n groen pyl vir hom om te draai en die aankoomende kar het eenvoudiglik net die rooi lig geignoreer! Kyk dis nie lekker om te weet daar is iemand oorlede nie, maar die trok drywer sit nou met die skuld gevoel en was glad nie eers sy skuld gewees nie!

Eloise ·

Wens jy wil jou feite agtermekaar kry voordat jy kommentaar lewer. Daar is nie ‘n pyltjie by daai robot nie. Dit was my kinders in daai ongeluk en my familie was op die ongelukstoneel. En die robot was vir altwee groen die trok was verkeerd hier. Baie dankie

riley ·

waar kry jy die inlugting van die storie dat die trok drywer het reg gehaat om te ry.is die ondersoek van die polosie ge gee of wat???

riley ·

as a familie lid dink ek kry eers jou facts agter mekaar voor jy nert raai Belinda my family is in daai kar gewees ….sterkte aan almal wat pyn het in die situation …

bianca ·

Ek was by di ongeluk,ek het di ma gehelp.sal graag wil weet hu dit met hul gaan.

eloise ·

Bianca dit gaan goed met almal dankie die 2 jongste seuns is al ontslaan my 2 seuns die ouer seuns gaan sterk aan in die hospitaal en met die ma sy gaan in hospitaal wees vir volgende 5 – 6 weke nog. Baie dankie dat jy daar was en gehelp het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.