Pa vas ná hy baba in kar los

ʼn Pa van Kaapstad is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy sy ses maande oue baba in ʼn motor gelos het in Wynberg.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê die polisie is Dinsdagoggend in kennis gestel van ʼn babaseuntjie wat in ʼn motor toegesluit was in ʼn parkeerarea naby die biblioteek. Filander sê dit is nie duidelik hoe lank die baba in die motor toegesluit was nie. “Teen omstreeks 11:00 het lede van die publiek ʼn venster gebreek om die baba uit die motor te haal.” Die 32-jarige pa is op die toneel in hegtenis geneem en die baba is na ʼn nabygeleë kliniek geneem vir behandeling. Die pa sal na verwagting Woensdag in die Wynberg landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.