Pa vas na hy glo dogter ontvoer

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vyfjarige dogter in Orange Farm, suid van Johannesburg, ontvoer het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Katlego Mogale, sê die man is Maandag in ʼn huis in Palm Springs in Vereeniging in hegtenis geneem nadat hy gevind is waar hy saam met die kind in die huis se dak weggekruip het. Mogale sê die 35-jarige man word sedert Vrydag deur die polisie gesoek nadat hy sy dogter by sy vervreemde vrou se huis opgelaai het. “Die pa het die kind gevat en beloof om haar oor ʼn paar uur terug te bring maar hy het nie. Die ma het ʼn saak van ontvoering aanhangig gemaak nadat die pa nie die dogter huis toe gebring het soos hy beloof het nie.” Die man sal binnekort in die Vereeniging landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.