Pa vas oor baba se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem nadat die verkoolde oorskot van sy babaseuntjie Sondag in ʼn sloot in Galeshewe, Kimberley opgespoor is.

“Die pa word van moord aangekla,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, gesê.

Die polisie glo die eenjarige is Donderdag vermoor en die pa het hom die volgende dag as vermis aangemeld glo in ʼn poging om die polisie te mislei. “Die kleuter se ma was agterdogtig en het aan die polisie gesê sy glo nie die pa se storie nie,” het Tawana bygevoeg. “Plaaslike inwoners het die babalykie opgespoor nadat hulle die skerp reuk opgemerk het.”

“Hy was in ʼn handdoek toegedraai en naby aan hul huis verbrand.”

Die man sal Maandag in die landdroshof in Galeshewe verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Justi ·

Goeie jinne! Dit raak al hoe erger. Die mensdom is sielsiek en barbaars.
Kinders word vermoor, word verkrag en mishandel……..verwaarloos ens ens

Nee wat, ek stel werklik voor dat die gespuis aan die gemeenskap oorhandig word.

magda ·

Wat gaan aan met die mens dom! So onskuldig het gevra om hier te wees nie nou word hulle wreed vermoor!

Sanet van der Bank ·

Ai genade mense. As julle nie ‘n baba wil hê nie, moet hom / haar nie leed aandoen nie. Neem hom / haar na ‘n plek van veiligheid sodat ouers wat graag ‘n baba wil hê hom/haar kan aanneem. Wat het daardie 1jarige gesondig om so te sterf. Geen kind behoort ooit daardeur te gaan nie. Mag daardie [pa eendag in die hel brand sodat hy weet waardeur hy sy kind gesit het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.