Pa vas wat glo dogter verkrag

ʼn Pa wat daarvan verdink word dat hy sy 12-jarige dogter verkrag het, het homself Woensdag aan die polisie oorgegee.

Konst. Thapelo Lesufi, woordvoerder van die polisie, sê die 45-jarige pa het sy dogter glo verskeie kere verkrag. “Die kind het na bewering vroeër vir haar ma van die beweerde verkragtings vertel maar niks is aan die saak gedoen nie. Die nuutste voorval het glo op 1 Junie plaasgevind.” Die kind het ʼn onderwyser by haar skool van die beweerde verkragtings vertel en die polisie is in kennis gestel. Die pa sal Vrydag in die Nebo-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

LILLY DE BEER ·

Hoe siek kan ‘n pa wees om dit aan sy eie dogter te doen, en hoe sieker is dit nog dat ‘n ma niks aan die saak wou doen nie! Sy verdien nie om ‘n ouer te wees nie. Hoop hy gaan tronk toe.

Erika ·

Siek, siek, hoe kan ‘n pa sy eie kind verkrag. Die ma is NIE die naam ma werd NIE. Gelukkig het die Onderwyser toe die polisie in kennis gestel, 10/10 vir die Onnie.

lorayne ·

Homself “oorgegee” lees ek . . . . Hallo? goeie more! good morning! Sabona! Ek het myself net gou-gou bietjie kom oorgee!
Ek is ‘n 45 jarige UITERS SIEK VARK wat my weerlose dogterjie van 12 al ‘n geruime tyd verkrag, haar moenie worry nie, haar “MA” weet daarvan en dit dra verseker haar goedkeuring weg!

“MA”? moet ons vrouens wat kinders het asseblief nie so beledig nie! ‘n “MA” is ‘n vrou wat die satan kaal hande sal aanvat vir haar kinders, wat hulle sal versorg en beskerm met haar lewe…

Met die lees van berigte soos hierdie, roep ALLES in my vir BUNDU JUSTICE!!!

Nadia Maritz ·

Maak albei aan ‘n pal vas en laat die gemeenskap hulle stenig!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.