Pa verdubbel ‘trou-aanbod’ vir lesbiese dogter

Gigi Chao. Foto: Facebook

Gigi Chao. Foto: Facebook

ʼn Flambojante Hongkong-sakemagnaat se lesbiese dogter het in ʼn ope-brief haar pa gevra om haar te aanvaar soos sy is, nadat hy glo nou $130 miljoen (sowat R1,4 miljard) aangebied het vir die man wat sy dogter se hart kan steel.

Cecil Chao het in 2012 wêreldwyd opslae gemaak toe hy 500 miljoen Hongkong-dollar ($65 miljoen of sowat R700 miljoen) aangebied het die vir die man wat daarin kan slaag om sy dogter by haar lewensmaat af te rokkel. Volgens ʼn dagblad van Maleisië het Chao sy aanbod nou na $130 miljoen verdubbel. Gigi Chao het intussen ʼn ope-brief aan haar pa geskryf wat Woensdag in twee koerante in Hongkong gepubliseer is. “Ek weet dis moeilik om te verstaan, wat nog te sê dit te aanvaar,” het Gigi geskryf na aanleiding van haar aangetrokkenheid tot vroue. Gigi se pa het die aanbod gemaak nadat hy te hore gekom het dat sy en haar lewensmaat, Sean Eav, in die geim in Frankryk gaan trou het. Hongkong het homoseksualiteit in 1991 gedekriminaliseer maar huwelike tussen mense van dieselfde geslag word steeds nie erken nie. Gigi sê dit sal vir haar die wêreld beteken indien haar pa net nie so bang is vir haar lewensmaat nie en haar as ʼn normale en waardige mens behandel. “Ek sal jou altyd vergewe vir die manier wat jy dink aangesien ek weet dat jy dink jy tree in my beste belang op.”

Die akteur Sacha Baron Cohen werk glo intussen aan ʼn rolprent oor die sakemagnaat se aanbod. Chao het sy fortuin deur eiendomsontwikkeling bymekaar gemaak. Hy het ʼn reputasie as ʼn rokjagter en sy voorliefde vir Rolls Royce-motors. Hy het een keer beweer dat hy 10 000 meisies het maar nooit getroud is nie. Gigi is een van sy drie kinders by drie verskillende vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.