Takunda Mavima (18) het op 20 Mei vanjaar, na sy hoërskool-gradeplegtigheid, huis toe bestuur toe hy beheer oor sy voertuig verloor, en naby ‘n afrit in Wyoming, Michigan, ‘n ongeluk veroorsaak het.
Tim See (17) en Krysta Howell (15), wat saam met Mavima in die voertuig was, is in die ongeluk oorlede. Mavima se bloedalkoholvlak was tydens die ongeluk 0.10. Tydens sy hofverskyning dié week, het hy in trane aan die slagoffers se familielede gesê: “Ek is so jammer dat ek twee slim, intelligente, wonderlike mense van hul lewens ontneem het… Ek wens… Ek is so jammer.”
Hy is tussen 30 maande en 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op alle aanklagte skuldig gepleit het.
In ‘n roerende toespraak aan die hof, het beide Tim See se pa en suster namens Mavima gepraat, en die regter versoek om hom ‘n ligte vonnis te gee. “Ek vra u om Takunda toe te laat om iets van homself te maak in die regte wêreld. Moet hom asseblief nie tronk toe stuur om daar verhard en verbitter te word nie. Daardie seun het die les ‘n duisend maal geleer en sal nooit weer dieselfde fout begaan nie,” het Lauren See gesê.
See se pa het Mavima toe ‘n drukkie gegee voordat hy, na die vonnisoplegging, uit die hof gestap het.
Omdat daardie jong swart seun opreg hartseer en jammer was en omdat hy soos ‘n verskrikte hasie was oor wat gebeur het, sou ek dieselfde gedoen het, want dit kon enige een van ons eie kinders ook oorgekom het, om die minste te se. Hy is ten minste al klaar stukkend van binne, al is die ander 2 nie meer daar nie. Lauren See het regverdig opgetree onder omstandighede. Geseend is hy en sy fafielie en die ander, want Elohim sien daardie menslikheid in die vorm van liefde en regverdigheid raak.