Pa vergiftig glo seuntjie (2)

ʼn Tweejarige seuntjie is in ʼn hospitaal in Rustenburg dood nadat sy pa hom glo vergiftig het.

Kol. Emelda Setlhako, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Donderdag gesê die pa het na bewering Dinsdag homself en die seuntjie in ʼn badkamer in hul huis in Sunrise, naby Rustenburg, toegesluit en gif gedrink. “Die ma het op hulle afgekom terwyl hulle besig was om te braak. Sy het hulle na die hospitaal gehaas. Die seuntjie is met aankoms by die hospitaal dood verklaar,” het Setlhako gesê.

Die pa is onder polisiebewaking in die hospitaal en gaan van moord aangekla word wanneer hy ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.