Pa vergiftig vrou, kinders

ʼn 24-jarige man is op ʼn plaas in die Klipdrift-omgewing naby Potchefstroom in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en twee kinders vergiftig het.

Kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die man is omstreeks 02:00 Sondag in hegtenis geneem. “Die man en sy 20-jarige vrou het glo ʼn uitval gehad waarna hy haar glo aangerand het. Die vrou het weggehardloop en haar twee kinders, ʼn agt maande oue dogtertjie en 5-jarige seuntjie, agtergelaat,” het Funani gesê.

Die verdagte het die kinders glo met ʼn vloeistof vergif. “Toe die ma terugkeer het die man haar glo forseer om pap te eet wat ook vergiftig was.”

ʼn Buurman het alarm gemaak en die voorval by die plaaseienaar aangemeld. Die plaaseienaar het die polisie en nooddienste ontbied. Die baba is op die toneel dood verklaar. Die seun en sy ma is na die Potchefstroom-hospitaal geneem waar hulle tans in ʼn ernstige maar stabiele toestand is.

Die verdagte sal binnekort in die Potchefstroom-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.