Pa verkrag dogters glo jare lank

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa het Woensdag in ʼn hof in Bloemfontein verskyn op aanklag dat hy sy twee dogters jare lank verkrag het.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak teen die 55-jarige man is tot 20 November uitgestel vir verdere ondersoek. Shuping sê die man het sy twee dogters, nou 21 en 26 jaar oud, glo oor ʼn tydperk van tien jaar verkrag. Hy sê die man het sy 26-jarige dogter glo in 2002 begin verkrag en haar 21-jarige suster in 2007. Hy is vroeër die week in hegtenis geneem nadat een van die dogters iemand van die verkragting vertel het en die polisie in kennis gestel is. Shuping sê die pa het glo twee kinders by die oudste dogter verwek. Hy sê die pa se skrikbewind het glo die meisies se ma verhoed om die misdade aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

vuurvreter ·

More almal, mens dink mens het als gehoor maar dan kom net iets erger. Wonder watter gruwel dade hulle nog weg steek.

luandri ·

Wat de he’ll hoekom bring hulle ni di doodstraf terug ni,wonder of daai vraag ooit sal beantwoord word regtig mens is moeg vi di siek lewe

a.lombard ·

Die ma wis daarvan, die verskoning dat sy dit uit angs vir die pa nie wou aangee maak haar net so skuldig. Sekerlik sou die sosiale dienste ingetree het as die bewyse daar was, en die pa agter slot en grendel geplaas het. Dit was ook geen klein minderjarige kinders nie, maar wel al volwassene, hulle kon tog self uit gestap het en ‘n klag gele het.

Die Pa is ‘n verkragter, maar in hierdie verhaal is ook die ma en die meerderjarige kinders skuldig.
Die familie kon reeds jare vat te vore dit aangemeld het, almal behoort agter slot en grendel.

fransie ·

GEEN mens verdien dit nie!!! Die feit dat die ma stilgebly het is onverskoonbaar en maak haar net so skuldig. Nie eens ‘n skrikbewind moes haar afgeskrik het nie – jou kinders (maak nie saak hoe oud hulle is nie) se belange kom bo die van ‘n sielsieke sadis!!! Hang hom op in die openbaar sodat elke vrou en kind wat ooit so misbruik is hom kan stenig!!!!

Herman ·

Ag nee! Dit is uiterse skande dat hy sy eie dogters verkrag het. Hulle moes lankal sy tools uit gesny het. Dit is bloedskande. Hoekom is dit nie lankal al gestop nie? Nou het die probleem te ver gegaan.

HELENA SEABORNE ·

hulle mut die ma ook toesluit, wragtig dat i ma kan toelaat dat dit met ha kinders gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.