Pa verkrag glo sy 3-jarige tweeling dogtertjies

hofhamertjie-2-320x264ʼn 38-jarige pa het Maandag in die Delmas-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklagte dat hy sy driejarige tweeling dogtertjies verkrag het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê volgens hulle inligting is die dogtertjies in die pa se sorg gelaat nadat die ma in ʼn hospitaal opgeneem is. Dit het aan die lig gekom dat die dogtertjies seksueel gemolesteer is nadat hulle na ʼn badkamer geneem is en daar bloedvlekke en ʼn afskeiding in hulle broekies gevind is. Mohlala sê die dogtertjies is deur ʼn dokter ondersoek en dit is bevestig dat hul seksueel gemolesteer is. Die saak is by die polisie aangemeld en die pa is Saterdag in hegtenis geneem na ʼn voorlopige ondersoek. Hy het Maandag op ʼn aanklag van verkragting in die hof verskyn en die saak is tot 3 Februarie uitgestel wanneer hy om borg sal aansoek doen. Hy bly in aanhouding.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

Verkragters word soos gewone misdadigers behandel. VERKRAGTING IS NIE N GEWONE MISDAAD NIE !!!!!! DOODSTRAF !!!!!!

Ria Maritz ·

Ek stem 100% saam met jou. Moord en verkragting loop hand aan hand. Ek glo ‘n kind (en vrou) wat verkrag word, se siel word vermoor. Dink net die liggaamlike skade ook.

HANG HULLE, maar ons pleit verniet vir die doodstraf.

Ina ·

Hoe kan ‘n Pa dit doen , Hoe regverdig hy sy dade , Watter verskoning gebruik hy ,, Hoe leef hy met homself/ sy gewete of het hy nie so iets nie ? Ek sê laat hom vry die gemeenskap sal sorg dat hy sy staf kry ..

waarnemer ·

Kenners se dat verkragting nie ‘n seksuele daad is nie maar ‘n kriminele daad,Hoe beskerm ‘n 3 jaar oue kind haarself teen ‘n 38 jaar oue man? Hoekom sal enige 3 jaar oue kind dink sy het rede om die pa wat veronderstel is om haar teen misdaad te beskerm, te wantrou of vrees omdat hy die misdadiger is?Waneer haar pa vrygelaat word (mits hy skuldig bevind en toegeluit word) hoe is hulle veronderstel om teenoor hul pa op te tree of word daar verwag hulle moet saam onder een dak met hul verkragter lewe?Hy het met een daad hulle nie net van vertroue en hul kern persepsie beroof nie maar ook van saam met hul pa groot te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.