‘n 54-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 22-jarige dogter verkrag het.
“Die vrou was Vrydagaand glo aan die slaap toe haar pa in haar kamer ingekom het en haar na bewering verkrag het,” het kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. Hy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Rustenburg verskyn.