Pa vermoor glo kind nadat sy haarself “vuilmaak”

boeie swart‘n 29-jarige man van Soweto in Gauteng is in hegtenis geneem vir die moord op sy vierjarige dogter.

“Die polisie het die kind met kneusplekke regoor haar liggaam aangetref,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, Saterdag gesê. “Sy het met haar gesig na onder gelê.”

Paramedici, wat ontbied is om haar lewe te red, het haar op die toneel dood verklaar.

Die dogtertjie het haarself glo in die gesin se huis in Rockville, Soweto, vuil gemaak en dit het aanleiding gegee tot die pa se woede. Makhubela sê die man het die kind toe erg aangerand. “In hierdie stadium is dit nie bekend wat die man gebruik het om die kind mee aan te rand nie. Die ondersoek duur voort,” het hy gesê.

Die man sal na verwagting Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Seg Net ·

Daar gaan nie ‘n uur in hierdie land om dat daar nie ‘n moord in die land gepleeg word nie. Die ironie is dat dit uitsluitlik swartes is wat die daad pleeg. Dit is mos ‘n duidelike bewys dat daar wel ‘n helse verskil tussen die swart ras en die Wit ras is. Die probleem is nie dat hulle hulleself uitmoor nie, maar dat hulle die Blanke volk ook vermoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.