Pa vermoor, seun met panga gekap tydens aanval

ʼn 21-jarige man is met ʼn panga in die gesig gekap en sy pa is twee keer in die kop geskiet tydens ʼn aanval op die gesin se hoewe in De Deur, suid van Johannesburg.

Beeld berig dat die gesin Maandagaand omstreeks 21:00 op hul kleinhoewe in Damstraat aangeval is. Die 52-jarige man het saam met sy vrou en twee seuns televisie gekyk toe drie rowers die huis genader het. Die gesin se 23-jarige seun het die rowers op die werf gesien en weggehardloop. Die rowers het op die gesin begin losbrand en die pa is twee keer in die kop getref. Hy het gister aan sy wonde beswyk. Die gesin se 21-jarige seun is hierna herhaaldelik met ʼn panga in die gesig gekap. Die aanvallers het met twee selfone gevlug.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Frank

Weet jy in vergelyking met wat nou aangaan (moorde, geweld, korrupsie) lyk die “boeremag” se optrede nie meer so extremisties nie… Dit gaan verseker nie beter word nie… ek berei my voor vir erger. Orania lyk ook na ‘n moontlike opsie…