Pa vry wat dogtertjie se verkragter doodslaan

skuur

Die skuur waarin die voorval plaasgevind het.

ʼn Pa van Texas in Amerika het ʼn man uit woede doodgeslaan nadat hy hom op heterdaad betrap het toe hy sy vyfjarige dogter verkrag het.

Die Daily Mail het Dinsdag berig die 23-jarige pa het Jesus Flores (47) in ʼn woedebui doodgeslaan omdat Flores sy dogtertjie in ʼn afgeleë skuur molesteer het. Die pa het ná die aanval die noodnommer 911 gebel in ʼn poging om Flores te help. Die voorval het op 9 Junie plaasgevind, maar die jurie van ʼn plaaslike hof in Lava County het vandeesweek beslis dat die pa, wie se naam weerhou word om die dogtertjie se identiteit te beskerm, nie strafregtelik vervolg gaan word nie.

Volgens plaaslike owerhede gaan die pa nie strafregtelik vervolg word nie omdat dodelike geweld in Texas gemagtig is in pogings van ernstige seksuele aanranding of seksuele aanranding te stop.

Volgens die berig het die pa op die dag van die voorval sy dogter en seun opdrag gegee om die gesin se hoenders te gaan voer. Die seun het teruggehardloop en vir sy pa gesê dat iemand sy suster gegryp en na ʼn klein afgeleë skuur geneem het. Die pa het na die skuur gehardloop en gehoor hoe sy dogter gil. Hy het Flores en sy dogtertjie albei sonder hul onderklere aangetref. Dit is toe dat hy die man in ʼn woedebui bewusteloos geslaan het.

Wat verder in die hof in die pa se guns getel het, was dat hy die nooddienste gebel het om Flores by te staan, nadat hy seker gemaak het sy dogtertjie is veilig.

Die plaaslike sheriff, Micah Harmon, het destyds gesê hy gaan nie die pa in hegtenis neem nie en dat ʼn jurie die man se lot moet bepaal. Harmon het gesê die man het berou vir sy dade getoon en wou net sy dogter beskerm.

Die dogtertjie is na ʼn hospitaal geneem waar sy ondersoek is en forensiese bewyse bevestig het dat sy seksueel gemolesteer is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Willy ·

Baie mooi aan daardie man. Hier sal dit nie gebeur nie. Sal die buitekant van die tronk nie sien nie want die verkragter het meer menseregte as die wetgehoorsaamdes

lorayne ·

Jy is doodreg Willy! en dan is jy as ouer nog verplig om die monster te versorg met jou belasting geld! Dit vreet en rus en kyk heeldag televisie, baie tyd op hande om die volgende kriminele aktiwiteite te beplan…

Stoere Boer ·

Maggies ek wens ons kan sulke regters by ons kry. Hier word jy aangekla as jy jouself verdedig. Dis ‘n pa so na my hart. Sy kinders is sy alles

Trippie ·

Bravo vir die pa en die jurie !

Net jammer die dogter gaan vir die res van haar lewe met ‘n geskende liggaam sit.

Kobus ·

Gelukkig vir haar behoort sy daarvan te vergeet met tyd, maar dis ‘n verskriklike ding om deur te gaan.

Trippie ·

Wens so-iets vir GEEN kindjie toe nie, of liewers, geen mens. Kan my nie in dink hoe so verontregte mens moet voel nie.

JAVR ·

Nee kyk laag is laag. HOE kan mens dit aan so klein kindjie doen! Ek sou hom BAIE erger dinge laat deurgaan het en NIEMAND sou hom ooit weer gekry het nie! Nee man!

Seg Net ·

En die groot HERO word deur niemand genoem nie. Was dit nie vir die boet nie????????? WELGEDAAN SEUN

Lana ·

Dit was reg wat die pa gedoen het. Daar is niks erger wat ‘n vrou so kan vernietig in haar gees soos mollestering en verkragting nie. Die Here se in die bybel dat sulke mans gestenig word. As hulle hierdie dade ook in so ernstige lig sien in Suid afrika, sal vroue met baie meer respek behandel word in ons land. Daar is niks so walglik om te hoor as orige mans onder die beld gesprekke aanknoop van wellus oor ‘n mooi vrou nie! Verkragters en kindermollesteerders kan nie genees nie. Hulle gaan aan van een slag offer na die volgende. Ek persoonlik kan nie sien dat hulle hemel sal maak nie.

Annamarie ·

Ja sal ook se gee daai man `n Bells.Om te dink hy betrap hom op heterdaad met sy dogterjie van vyf jaar ou.Ek sou dot die selfde gedoen het as ek hy was.Hoop sy gaan vir sielkundige behandelinge? al hoe wel sy nog klein is weet nie `n mens hoe sal sy ooit kan vergeet nie.Snags as sy moet gaan slaap en die drome kom terug na haar toe hoe sal sy nie voel nie en boon op bang daar by.

Andre ·

Dit is elke pa se plig om sy kinders te beskerm. Dit is regtig net jammer dat jy nie in SA sal kan weg kom daarmee nie. Daardie pa is n hero en n voorbeeld vir almal. n Dier sal sy lewe gee om sy kleintjies te beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.