Pa wat dogter red, Saterdag begrawe

Tinus Louw (38), wat in ʼn dam doodgeskok is toe hy sy dogter wou red, sal Saterdag ter ruste gelê word.

LookLocal berig dat Louw Saterdag by die Zandfontein-begraafplaas ter ruste gelê word waarna daar ʼn diens by die NG Kerk in Waverley gehou sal word. Louw is Sondag dood nadat hy vermoedelik verdrink het toe hy sy dogter, Miné (10), uit ʼn dam wou red op sy suster en haar man, Mariaan en Marius de Beer, se plaas Doornhoek buite Thabazimbi. Miné en haar nefie, Joshua, het glo by die dammetjie visgevang toe hulle vir Joshua hoor skree het. Almal het uitgehardloop en Miné bo op ʼn pyp sien lê met haar gesig in die water. Louw het sy dogter van die pyp probeer aftrek waarna hy glo ook geskok is en verdrink het. Sy vrou, Lerelda, het ook in die dam gespring om haar man en dogter te probeer red en is ook geskok. Marius het met al drie na die Thabazimbi Mediclinic gehaas waar Louw met sy aankoms dood verklaar is. Lerelde en Miné is per helikopter na die Mediclinic Meulmed in Pretoria gevlieg.

BRON: Looklocal Pretoria Moot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Coert Welman ·

Vandag gaan ‘n aaklige dag wees wanneer ons vir Tinus begrawe. Die wereld is armer met sy afsterwe. Ek gaan jou mis my vriend. Ons is stukkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.