Pa wat glo dogter verkrag se saak eers teruggetrek

hofhamertjie3Die aanklagte teen ʼn 56-jarige pa van Mpumalanga wat daarvan verdink word dat hy sy dogter verkrag en swanger gemaak het meer as 15 jaar gelede, is Maandag voorlopig teruggetrek in die Bosbokrand-landdroshof.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die saak is teruggetrek sodat daar DNS-toetse gedoen kan word op die dogter se kind ten einde vas te stel of die man die pa van die kind is. Die Sowetan berig dat die saak onlangs onder die polisie se aandag gebring is deur die man se vrou. Die dogter, nou 32, is glo tussen 1997 en 1999 verskeie kere verkrag terwyl sy by haar ouma gebly het. “Daar word beweer dat die verdagte in die nag wanneer almal geslaap het na sy dogter se kamer gegaan het, haar mond toegedruk het, haar klere uitgetrek het en haar verkrag het,” sê Mohlala. Die verkragtings het glo voortgegaan tot die dogter swanger geword het en in 2000 geboorte geskenk het. Die dogter se ma het glo onlangs daarvan uitgevind nadat die pa en sy dogter in ʼn argument betrokke was. Die verdagte is Dinsdag by sy huis in Embalenhle in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.