Pa weer in hof oor skietdood van kêrel en die se pa

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg en sy dogter Chevonne. Foto: Facebook

Retief Liebenberg (47) sal na verwagting vandag in die Benoni-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy dogter se kêrel en die se pa.

Liebenberg het Poena Visser (19) en sy pa, Dewalt (46), glo op 31 Oktober in sy huis in die Ebotse-gholflandgoed in Benoni doodgeskiet. Liebenberg het glo nie die verhouding tussen sy dogter, Chevonne (20), en Poena goedgekeur nie. Liebenberg sal na verwagting vandag hoor wanneer sy verhoor gaan begin. Hy is in November op borgtog van R50 000 vrygelaat. Tydens sy laaste verskyning op 11 Desember is Liebenberg se borgvoorwaardes aangepas en is daar gelas dat hy nie meer drie keer per week by ʼn polisiestasie hoef aan te meld nie.

Lees ook:
Liebenberg hoor oor borgtog
Liebenberg se borgtogverhoor hervat
Liebenberg se lewe kan glo in gevaar wees
Pa in hof oor skietdood van kêrel en die se pa
Man skiet dogter se kêrel en sy pa dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GawieM ·

Ek het empatie met die man. Ek sou heel waarskynlik ook so opgetree het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.