Paaie gesluit weens sneeuval

Sneeu in Clarens Foto deur @evergleamy op Twitter gelaai

Die N3 op die Van Reenen’s Pass tussen Harrismith en die Tugela-tolplaza is Dinsdag weens swaar sneeuval gesluit.

Andy Visser, woordvoerder van die N3 Toll Concession Limited, het gesê ʼn paar mense sit vas op die pas en owerhede probeer tans om hulle na veiligheid te lei. Geen ongelukke is teen die middel van die dag aangemeld op dié pas nie, en Visser skryf dit toe aan die vinnige reaksie van die Ladysmith Padvervoerinspektoraat.

Die N11, via Villiers en Ladysmith, is tans die enigste alternatief, aangesien die R74 ook as voorsorgmaatreël gesluit is. Visser doen ʼn beroep op die publiek om slegs te reis indien dit “absoluut noodsaaklik” is.

Gedeeltes van die Oos-Kaap is ook onder sneeu bedek. Lynne Minnaar, eienaar van die Groenvlei-gastehuis in Graaff-Reinet, sê haar grasperk was Dinsdagoggend met ʼn sneeulagie bedek. Sy het glo meer besprekings as gewoonlik ontvang weens die sneeu.

OPDATERING: Andy Visser van die N3 Toll Concession het Dinsdagmiddag om 12:00 bevestig dat die Van Reenen’s Pass weer oop is vir verkeer.

Klik hier om foto’s van die sneeu te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.