Andy Visser, woordvoerder van die N3 Toll Concession Limited, het gesê ʼn paar mense sit vas op die pas en owerhede probeer tans om hulle na veiligheid te lei. Geen ongelukke is teen die middel van die dag aangemeld op dié pas nie, en Visser skryf dit toe aan die vinnige reaksie van die Ladysmith Padvervoerinspektoraat.
Die N11, via Villiers en Ladysmith, is tans die enigste alternatief, aangesien die R74 ook as voorsorgmaatreël gesluit is. Visser doen ʼn beroep op die publiek om slegs te reis indien dit “absoluut noodsaaklik” is.
Gedeeltes van die Oos-Kaap is ook onder sneeu bedek. Lynne Minnaar, eienaar van die Groenvlei-gastehuis in Graaff-Reinet, sê haar grasperk was Dinsdagoggend met ʼn sneeulagie bedek. Sy het glo meer besprekings as gewoonlik ontvang weens die sneeu.
OPDATERING: Andy Visser van die N3 Toll Concession het Dinsdagmiddag om 12:00 bevestig dat die Van Reenen’s Pass weer oop is vir verkeer.
Lekker koud