Paar gevonnis na baba se dood

Netto en sy lewensmaat. Foto: Werner Beukes/SAPA

Netto en sy lewensmaat. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die paartjie wat aan strafbare manslag skuldig bevind is na die dood van hul tien maande oue babadogtertjie sal na verwagting vandag in die Palm Ridge-landdroshof gevonnis word.

Adriaan Netto (37) en sy 34-jarige lewensmaat, wat nie geïdentifiseer mag word nie ten einde die identiteite van die paartjie se ander kinders te beskerm, is op 18 September aan strafbare manslag, kindermishandeling en verkragting skuldig bevind. Netto het vroeër gevlug toe uitspraak in die saak gelewer sou word en is kort daarna weer in hegtenis geneem. Die paartjie se babadogtertjie is op 12 Maart 2012 dood. Sy was ondergewig en het verskeie beserings gehad. Haar ribbes was gebreek en daar is skaafplekke op haar vagina, wange, bors, neus en lip gewees. Sy het ook kneusplekke op haar maag en ‘n skeurplek, gevul met bloed, in een van haar longetjies gehad. Haar lewer is ook beseer en sy is verskeie kere in die anus gepenetreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

hang die gud op, hulle verdien nie om te leef nie. wereld beter sonder sulke gemors. kan nog verstaan as i grootmens aangerand word, baie soek daarvoor, maar mense wat kids en oumense aanrand moes doodgele gewees het met geboorte. besoedel net die suurstof wat ons ander moet inasem.

Pieter ·

Strafbare manslag…….?????? Wat word van die straf proses reg van die land? Dit is ‘n belaglike ligte straf ‘n kind is mishandel, verkrag en vermoor.
Ek voel daar word te veel kinders mishandel in Suid Afrika en die rede is dit lyk vir my die wet se tande het stomp geraak en dien nie as ‘n afrskrik middel.

Lindi ·

Die “lang” arm van die “gereg” vandag is heeltemal te laks met seksuele oortreders! Dis om van naar te word! SA maak soveel bohaai oor abuse against woman and children maar stel geen voorbeelde deur die vuilgoed ordentlik te vonnis nie! Dis belaglik man! Watse tipe siek mens doen dit en kry so klein klappie op die hand! Hulle moet permanent verwyder word van die samelewing! Gooi hulle in die vuislte tronke met die gemeenste kriminele laat hulle ook so verkrag en mishandel kan word!

Vas Vat ·

n Mens kan nie kwaad met kwaad vergeld nie, maar die vraag is, is daar werklik n gepaste straf vir hierdie kinder “Moordenaars” Hoekom word hierdie goed nie aan die gemeenskap uitgelewer nie ?
Hulle moet gestenig word…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.