Paartjie beseer na voertuig klip tref

ʼn Paartjie is Vrydagaand ernstig beseer nadat hul voertuig ʼn groot klip op die R70 buite Rosendal in die Vrystaat getref het.

“Die bestuurder het beheer oor sy bakkie verloor nadat die versperring getref is,” sê Jeffrey Wicks, ‘n woordvoerder van Netcare911. “Die bakkie het omgeslaan en verskeie kere gerol voor dit tot stilstand gekom het. Die paartjie is ernstig in die voorval beseer. Albei is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal in Senekal geneem. Die polisie ondersoek die voorval,” sê hy.

Maroela Media het vroeër berig dat rowers verskeie paaie met voorwerpe versper om  sodoende motoriste te dwing om tot stilstand te kom. Rowers gebruik groot klippe of betonstukke om paaie te verper. Voertuie wat die klippe tref, se bande bars en die bestuurder moet dan van die pad aftrek, waarna die motoriste beroof word.  Lees die berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.