Paartjie in hof oor hul glo kind mishandel, vermoor

Cindy-Lee Jansen en Marco Barnard Foto’s: Facebook

Cindy-Lee Jansen en Marko Barnard het Dinsdag in die landdroshof in Brits verskyn op die moord van hul vyfjarige seun, Anthony Erasmus.

Jansen (25) en Barnard (29) is Maandag, kort ná die seuntjie se begrafnis, in hegtenis geneem, berig OFM. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het bevestig dat die paartjie in aanhouding sal bly tot hul volgende hofverskyning op 20 November. Die paartjie sal dan aansoek doen om borg.

Die verdagtes het glo aanvanklik vir die polisie gesê die kind het gesterf nadat hy siek geword en toe inmekaargesak het. Volgens die polisie het die seuntjie egter kopwonde, kneusplekke aan die linkerkant van sy liggaam, en sigaretbrandmerke aan sy geslagsdele en op sy rug gehad.

Anthony het op 4 November sy vyfde verjaarsdag gevier het en twee dae later was hy dood. ʼn Handjievol familielede, insluitend Anthony se 6-jarige en viermaande oue boeties, het sy begrafnis in Hartbeespoort bygewoon. Sy broers is intussen na ʼn plek van veiligheid geneem. Jansen en Barnard het hulle ure na die begrafnis by die Hartbeespoort-polisiestasie oorgegee.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.