Emmie Brussow (37) en haar vriend, Taliep Mahobeer (42) is Vrydagmiddag dood aangetref in hul huis in Volksrust, Mpumalanga.
“Die polisie het ondersoek ingestel nadat hulle ʼn wenk ontvang het dat twee mense vermoor is,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, Maandag aan Maroela Media gesê. “Die beamptes het Vrydag om 15:20 op twee liggame afgekom. Mahobeer is op die bed aangetref en Brussow op die vloer. Albei se liggame was met ʼn kombers bedek.”
Brussow en Mahobeer is glo reeds ʼn paar dae vantevore vermoor, aangesien hulle liggame reeds begin ontbind het.
Volgens Hlathi was die voordeur van die huis oopgebreek. Die polisie het ook beslag gelê op die moordwapen.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigiemand met verdere inligting om met kapt. Anton Heyneke in verbinding te tree deur 082 579 0167 te skakel.
Ek is nou nie ‘n kenner nie, maar komberse oor slagoffers sê vir my die moordenaar het hulle geken en dat die moordwapen daar gelaat is sê dat die aanval 10 teen 1 nie beplan was nie. Deur is dalk na die aanval oopgebreek om ‘n inbraak na te boots.