Paartjie kry reusagtige elektrisiteitsrekening

‘n Paartjie van Johannesburg wat van voorafbetaalde elektrisiteit gebruik maak, het ‘n water- en ligterekening van R1,5 miljoen van die munisipaliteit af ontvang.

The Star berig die munisipaliteit het die jaar oue rekening van R1,5 miljoen aan die eienaars van ‘n HOP-huis gestuur. Mapule Emily Matsinhe, ‘n huishulp, en haar man, Edward, maak egter van voorafbetaalde elektrisiteit gebruik en skuld dus geen gelde vir dienste deur die munisipaliteit nie. Mapule se werkgewer, Anne Naylor, probeer dié saak uitpluis. Die raad ondersoek die voorval, maar volgens die stelsel skuld die paartjie slegs R295 vir dienste.

“Ons span ondersoek die foute wat verband hou met die finale proses van drukwerk vir die fakture. Ons vermoed dít is waar die fout ingesluip het,” het Kgamanyane Stan Maphologela, woordvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.