Paartjie reis met R6.5 miljoen se Tik

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Paartjie is in Durban in hegtenis geneem nadat dwelms met ʼn geskatte straatwaarde van R6.5 miljoen in hul besit gevind is.

Die paartjie, onderskeidelik 28 en 29 jaar oud, is Dinsdagaand by die King Shaka-lughawe in hegtenis geneem nadat hulle van ʼn vlug vanaf Indië geland het.

Kol. Jay Naicker, ʼn woordvoerder van KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê die polisie het op 36kg se kristalmetamfetamien (Tik) beslag gelê. Die dwelms was in hul bagasie versteek.

ʼn 36-jarige vrou is later in hegtenis geneem by ʼn plek waar sy vir die aflewering van die dwelms gewag het. Die verdagtes moet binnekort in die hof verskyn.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.