Paartjie sterf na motor teen boom bots

Twee mense is dood nadat hulle motor Saterdagaand ʼn boom getref het op die R510 tussen Rustenburg en Northam.

ʼn Woordvoerder van die Noordwes departement van openbare veiligheid, Lesiba Moses Kgwele, sê twee voertuie het glo ʼn ander voertuig verbygesteek toe die bestuurder van ʼn VW Polo die pad verlaat en teen ʼn boom vasgery het. Die bestuurder, ʼn 28-jarige man, en sy 19-jarige passasier is op die toneel dood. Kgwele sê nooddienste moes die pad sluit sodat die liggame met meganiese toerusting uit die wrak gesny kon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.