Paartjie terug in hof oor baba se rotdood

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

Die bedjie waarin die seun gevind is. Foto: eNCA

ʼn Paartjie van Diepsloot wat verdink word van moord en kinderverwaarlosing van die vrou se sewe maande oue baba, gaan na verwagting vandag weer in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Nokuthula Gumede (23) en haar kêrel, Fernando Sidanvo (35), is in aanhouding sedert hulle verlede week in hegtenis geneem is.

Bure het Gumede se baba Sondag 10 November dood aangetref in haar huis in Diepsloot. Die polisie se voorlopige ondersoek het daarop gedui dat die kind moontlik deur rotte gevreet is nadat hy alleen gelos is.

Die baba en die baba se tweejarige suster was in die sorg van hul ouma geplaas nadat die ma skuldig bevind is aan kinderverwaarlosing. Hul ouma is verlede week deur die polisie ondervra omdat sy nie veronderstel was om die baba aan die ma te gee nie. Die tweejarige meisie is tans in die sorg van welsynswerkers.

Lees ook:
Ouma ook vas ná rotte aan kind vreet
Ma vas ná rotte aan baba vreet
Polisie ondersoek kind se “rot-dood”
Verminkte babalykie in Diepsloot opgespoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trippie ·

Nie kinderverwaarlosing nie, MAAR MOORD !

Liggaamsdele is gebruik vir moetie !

Paul ·

Ek neem aan jy is een van die ondersoekbeamptes, wat sal verklaar waarom jy addisionele inligting het. Jy maak tog seker nie sommer net goeters op nie.

Trippie ·

Goeie middag Paul !

Ek hoef nie noodwendig ‘n ondersoekbeampte te wees nie, ek lees net graag.

Waar ek aan my inligting kom – volg gerus die skakel.

http://praag.co.za/?p=19642

Jou verskoning in dié verband word afgewag.

bianca ·

Paul lyk my jy DINK dat jy iewers in n pakkie slim pille geval het daarom jou eenvoudige comments alewig…

Justi ·

Goeie more aan almal.
Weereens se ek dis erg. Dis werklik erg. Ek hoop die ouers word baie lank toegesluit. Arme baba, huy was onskuldig en moes n verskriklike wrede dood sterf.

Trippie ·

Hallo Justi, weet jy, ek het gelees die “ma” het self van die liggaamsdele afgesny – HOE WREED IS DIT NIE NET ?

Angel ·

More Justi, ek verstaan nie jou comment nie. Niemand het hier iemand afgekraak nie. Jammer miskien het ek iets gemis…….. Sulke ouers moet eerder GEEN kinders he nie. Sy gaan weer kinders maak en weer vermoor. Hoe kan enige ouer dit aan hul kinders doen. Dink eerder die doodstraf moet terug kom, dan sal dit baie beter gaan in ons Land. Gelukkig is die kind op n beter plek, met sulke ouers wie het vyande nodig.

Justi ·

More Angel, gaan lees die kommentaar onder “Griekwasstad moorde” jammer ek het dit nie gemeld nie.

Seg ·

Justi dit is waarom die Afrikaner sit waar ons sit. Ons kan nie eers op ‘n forum waar daar ‘n paar mense gesels saamstaan sonder dat die enn die nader onnodig aanvat nie. Indien daar nie saamgestem word nie is gesonde redenasie gesond, maar om iemand uit die bloute sommer te beskuldig hoort nie hier of in enige gesprek nie.

Hoop nie die goed kry borg nie. Aan die anderkant kan hulle maar in die gemeenskap gelos word dat hulle oor hulle lot besluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.