Paartjie vas na hulle pasgebore tweeling vermoor

ʼn Vrou en haar kêrel is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering hulle pasgebore tweeling doodgemaak het.

ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Tlalanyane Pakela, sê die een baba se lykie is Sondag in ʼn buitetoilet gekry naby die 28-jarige vrou se huis in Thandanani in die Vrystaat. Die ander lykie is nie gevind nie. Pakela sê die vrou het na bewering haar swangerskap op sewe maande probeer beëindig deur twee tablette te drink wat sy by ʼn Nigeriese dokter gekry het. Hy sê die eerste baba is lewend gebore waarna die vrou glo die lykie in die buitetoilet gegooi het. Die tweede baba het glo verdrink nadat die vrou ʼn paar uur later weer geboorte gegee het terwyl sy gebad het. Die vrou se kêrel het na bewering gehelp om van die babas se lykies ontslae te raak. ʼn Vriendin van die vrou het glo gesien hoe die tweede baba in die bad gebore word en verdrink het. Die paartjie word aangekla van moord en sal binnekort in die Welkom landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.