Paartjie vermis ná wen by casino

Carien Wilkens en James Viljoen

Die families van ‘n paartjie van Schweizer Reneke, Carien Wilkens en James Viljoen, is rasend van bekommernis nadat die paartjie Maandag vermis geraak het.

“Ek het Saterdag laas met my dogter gepraat toe sy en Viljoen op pad was Sun City toe. Ons is baie na aan mekaar en praat omtrent vier keer ʼn dag telefonies,” het ʼn emosionele Rina du Plessis, Wilkens se ma, aan Maroela Media gesê.

Die paartjie is die laaste keer op kringtelevisie gesien toe hulle Sun City Maandagoggend omstreeks 03:10 in hul wit Geely verlaat het. Viljoen het tydens hul uitstappie R20 000 by die casino gewen. Die voertuig se registrasienommer is HBP 533 NW.

“Dit is verdag dat hulle vermis geraak het. James werk by ʼn Engen-depot en ons vermoed hulle het so vroeg gery omdat hy die oggend moes oopsluit. Sy ma het my geskakel toe hy nie opgedaag het nie en die vragmotors in die pad begin ophoop het,” het Du Plessis gesê.

Sy sê hulle het in Pilanesberg na die paartjie gaan soek en plakkate met hul gesigte op na alle omliggende gebiede gestuur, maar tot dusver geen sukses gehad nie. Albei se selfone is afgeskakel.

Die paartjie is as vermis by die Schweizer Reneke-polisie aangemeld.

Mense met inligting oor waar die paartjie hul mag bevind, kan die polisie bel by 053 963 9100 of speurder Marcus Ferreira skakel by 082 373 8250.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nana Rechner ·

The family have had enough trauma therefore we are able to assist in taking the calls. There is a flyer on our fb Page Minors Missing The Pink Ladies org for missing children NGO 2007. Missing : Schweizer Reneke NW Carien Wilkins 20 yrs & James Viljoen 28 yr -28 Jan 2013. Cas 1/1/2013 2/1/2013. Circumstances: The couple left Sun City at 03.10 am to drive back home and get to work. They did not arrive. The last sighting was on the cameras at Sun City when they departed. Carien is 1.55 M, 60 Kgs, long black hair, hazel eyes, pierced ears and she wore white top and blue jeans. James wt 84 kg ht 1.76M has brown eyes, med length black hair receding, round face, large ears , med to large build, small tattoo on right shoulder. He wore short sleeve white top with silver writing and denim pants. They were driving in a white Geely Reg. HPB533NW. Capt Mare 083 285 2553 or PLTT 071 249 0388 or Polla 082 810 7115. Please share, download a flyer and send into the area and wide surrounds as they could be anywhere.

Marthinus ·

Probeur ook om van Danie Krugel gebruik te maak. Of sy tegnologie werk of nie hy kan dalk help. Google sy naam of Youtube

E J Otto ·

Ai mens wil nie dink nie maar klink of hul agtervolg is Mense verdwyn nie net nie!

Marthinus ·

Probeur Danie Krugel. Julle kan hom google om kontak te maak. Hy is klaarblyklik baie goed in wat hy doen om vermiste mense te soek op sy unieke manier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.