Paartjie wat deur 8 mans vermoor is: Name bekend gemaak

Die polisie het pas die name van ‘n Johannesburgse paartjie, wie Woensdag deur ʼn groep van agt mans vermoor is, aan Maroela Media bekend gemaak.

Die paartjie se 19-jarige seun is Woensdag wees gelaat ná die groep mans by hul huis in Honeydew, Johannesburg, toegeslaan en Mguni en Elizabeth Josham doodgeskiet het. Die mans het omstreeks 20:45 die huis binnegegaan met doel om te roof. Elizabeth is op die toneel dood. Mguni is op pad hospitaal toe dood. Die mans het juwele en ʼn onbekende bedrag geld gesteel.

“Die seun bly nog in die huis aan en word deur sy niggie bygestaan,” het konstabel Vincent Mashiteng, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. Hy het gesê na wat verneem word, is die agt voortvlugtendes Suid-Afrikaanse burgers omdat hulle tydens die voorval vlot Zulu gepraat het. Nog niemand is in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.