Paaseiers by die ASA aangegee

Pick n Pay het ingestem om sy verpakking volgende jaar te verander ná ʼn klag oor die aantal suikerbedekte sjokoladeklontjies in ʼn Paaseier, het die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (ASA) Dinsdag gesê.

“Kortliks het die klaer gesê dat die bemarking misleidend is, aangesien die eier nie “gevul” is nie,” het die ASA gesê. “Toe hy dit oopmaak, het hy slegs agt klein lekkertjies daarin gevind, wat skaars die bodem van die eier gevul het.”

Dié klag is vervolgens die praktykstandaarde van reklame wat oor misleidende bemarking handel. Toe ASA met Pick n Pay in verbinding getree het, het hy gesê dat die woord “gevul” nie volgende jaar op die verpakking sal verskyn nie. Die bewoording op die verpakking sal volgende jaar die frase “suikerbedekte sjokoladeklontjies binne” bevat.

Die saak is deur dié ooreenkoms afgehandel. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.