Padblokkade veroorsaak glo kettingbotsing

Sewe mense, waarvan een kritiek, is Sondagaand tydens ʼn kettingbotsing op die N3-snelweg by die De Hoek Toll Plaza, Gauteng, beseer.

“Na wat verneem word, het ʼn polisie-padblokkade verkeer vertraag en laat ophoop,” het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Verkeer het vinnig tot stilstand gekom en een voertuig het teen ʼn ander van agter gebots. Drie voertuie was in die botsing betrokke.”

Die sewe beseerdes is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na nabygeleë hospitale geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.