Padongelukke eis meer as 1 400

Meer as 1 400 mense is tydens die afgelope feesseisoen op Suid-Afrika se paaie dood.

“Volgens die polisie se beraming het minstens 1 465 mense hul lewens in 1 221 ongelukke verloor,” het Ben Martins, die minister van vervoer, Donderdag tydens die bekendmaking van die voorlopige statistieke in Durban gesê.

Die meeste sterftes is deur dronkbestuur, spoed, gevaarlike verbysteek, mense wat nie sitplekgordels dra nie en onpadwaardige voertuie veroorsaak. Die tydperk vir dié sterftes is ongelukke wat tussen 1 Desember 2012 en 8 Januarie 2013 plaasgevind het.

“Voetgangers, wat onder die invloed van drank rondgeloop het, was by sowat 40% van die ongelukke betrokke,” het hy gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.