Padsterftes vir Desember bekend gemaak

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Vrydag bekend gemaak hoeveel padsterftes daar al sedert begin Desember vanjaar plaasgevind het.

Peters het bekend gemaak dat meer as 600 mense reeds hul lewens op die land se paaie verloor het. Peters sê daar was sedert die begin van Desember al meer as 600 ongelukke. “Die grootste bydraende faktore was gevaarlike verbysteek, bestuurders wat uitgeput is, oormatige spoed en bestuur onder die invloed van alkohol,” het Peters in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Dipuo Peters die groot probleem is verkeersmense/beamptes is nie daar op hul poste. Ek werk in Malelane en daagliks word NET die Moz burgers afgetrek en dan moet hulle betaal. Ek stem, van hul voertuie is nie op standaard maar ons eie taxis is nog minder na wense. Kry eers jou mense reg dan praat ons weer. Die persoon betaal n fooitjie en daar gaan hy sonder ligte ….. lekker Dipuo lekker man!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.