Padverkeerbestuurskorporasie wil handdoek ingooi

Ben Martins, minister van vervoer. Foto: GCIS

Aandeelhouerkomiteelede van die  Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) wil hê dat die agentskap sluit omdat hulle dit nie regkry om hul doel te bereik nie.

Sunday Independent het Sondag berig Butana Komphela, Vrystaat se LUR van vervoer, sê die RTMC het nie baie goed gefunksioneer nie.

Komphela, wat saam met agt ander LURs en die minister van vervoer op die komitee is, het gesê dat ‘n eenparige besluit verlede maand geneem is om te vra dat die RTMC ontbind.

Die komitee wag nou vir die finale seggenskap van die kabinet oor die aangeleentheid.

Komphela het gesê dat dié besluit “suiwer gebaseer is op die doeltreffendheid van die korporasie”.

Hy het gesê die komitee wil hê dat die pligte van die RTMC oorgeneem word deur die nasionale departement van vervoer en provinsiale regeringstrukture.

Ben Martins, die minister van vervoer, gaan die voorlegging aan die kabinet maak. Sy woordvoerder, Tiyani Rikhotso, het egter gesê ʼn datum hiervoor is nog nie bepaal nie.

Die RTMC het sy bedrywighede in April 2005 begin met die hoofdoel om kragte en hulpbronne saam te snoer om die fragmentering van verantwoordelikhede uit te skakel vir alle aspekte van verkeerbeheer oor die verskillende vlakke van die regering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Die meeste regeringsinstansies en ander openbare liggame funksioneer swak omdat daar ‘n groot gebrek aan kundigheid en bestuurservaring aanwesig is – inteendeel die meeste van genoemde instansies word gekenmerk deur onbevoegdheid en ‘n neiging tot korrupsie.

Alvorens die regering nie aandag gee aan kundigheid en integriteit nie, sal Suid-Afrika gebuk gaan onder wanadministrasie en wanfunksie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.