Padwerker beseer toe voertuig hom tref

padwerkeʼn Konstruksiewerker het Dinsdag ernstige beserings opgedoen nadat ʼn voertuig hom op die N3-snelweg naby Mooirivier in KwaZulu-Natal getref het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het aan die pad se oppervlak gewerk toe die ongeluk plaasgevind het. “Paramedici het die man aan die kant van die pad aangetref. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die hospitaal in Pietermaritzburg geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.