ʼn Padwerker is dood nadat hy Donderdag deur ʼn swaarvoertuig op die N14-snelweg getref is.
Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die voorval omstreeks 10:15 naby die Petro Port naby Lanseria plaasgevind.
“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het hulle die man in die pad aangetref. Hy het veelvoudige kritieke beserings opgedoen en het glad nie reageer nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.
Deel van die teer.
WTF soek hy in die pad!!
Gooi hom in die potholes.
Julle kommentaar laat my lekker lag julle maak my dag
Dis goed as jy jou dag met ‘n glimlag kan begin Jacoba! Dis ons plesier!
Aggenee dink asb voor jul kommentaar lewer. Dis darem baie ongevoelige kommentaar.
Ek stem, net omdat hy ‘n padwerker is is dit skielik snaaks, maar dink tog mense: dis ‘n mens gewees. ‘n Mens met familie en waarskynlik kinders.