Padwerkers kom op geraamte af

Padwerkers het Donderdag op ʼn menslike geraamte afgekom wat vermoedelik al vyf jaar in ʼn veld langs die Potchefstroom-/Paryspad lê.

Kaptein Tselane Nkala, ʼn woordvoerder van die Noordwes-polisie, het Vrydag gesê die werkers was besig met instandhoudingswerk op ʼn gedeelte van die pad toe hulle ʼn op ʼn menslike kopbeen afkom. Met verdere ondersoek het hulle die res van die geraamte sowat 3 kilometer van die kopbeen af gevind. Die polisie is ontbied en ʼn geregtelike doodsondersoek is oopgemaak. Die polisie versoek enigiemand wat meer inligting oor die voorval het, om konstabel Barda te kontak op 078 489 0765 of 056 818 1601/2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.