Padwoedeaanval: Man in hof wat glo motorfietsryer doodskiet

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

ʼn Motoris wat na bewering ʼn motorfietsryer, Douglas Pearce, in Malibongwerylaan in Johannesburg tydens ʼn padwoedeaanval doodgeskiet het, sal Maandag in die Roodepoortse landdroshof verskyn.

Die man, in sy 40s, is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy en Pearce glo in ʼn onderonsie betrokke geraak het. Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee het van die pad afgetrek en die stryery het ʼn wending geneem. Die motoris is glo aangerand en Pearce is doodgeskiet. Die polisie het altwee mans se vuurwapens vir ballistiese toetse gestuur.

Die motoris is onder polisiebewaking vir kopbeserings in die hospitaal behandel. Hy is intussen reeds ontslaan.

Mogale sê hy sal Maandag op aanklag van moord in die hof verskyn. -SAPA

Lees ook:
Man vas wat glo motorfietsryer doodskiet
Motorfietsryer glo in padwoedeaanval doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.