Padwoedeaanval: Man vas wat glo motorfietsryer doodskiet

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

Pearce saam met sy vrou Tammy. Foto: Facebook

ʼn Motoris wat glo die motorfietsryer Douglas Pearce Vrydag tydens ʼn padwoedeaanval in Johannesburg doodgeskiet het, is in hegtenis geneem.

“Die motoris, ʼn man in sy 40s, is in hegtenis geneem nadat hy onder polisiebewaking vir kopbeserings by ʼn nabygeleë hospitaal behandel is,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder vir die polisie in Gauteng, gesê. Die man sal Maandag op aanklag van moord in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

“Die motoris en Pearce (39) het Vrydag in Malibongwerylaan, net ná Witkoppenweg, begin stry,” het Mogale verduidelik. “Hulle het altwee afgetrek en Pierce het die motoris glo gekonfronteer. Die stryery het ʼn wending geneem en Pierce het die motoris glo aangerand. Die motoris het op Pierce losgebrand en hom noodlottig gewond.”

Altwee mans was gewapen en die vuurwapens sal nou vir ballistiese toetse gestuur word. The Star berig Pearce was getroud en het ʼn vierjarige kind. -SAPA

Die motorfietsryer se ligaam lê in die pad. Foto: EWN via Twitter

Die motorfietsryer se ligaam lê in die pad. Foto: EWN via Twitter

Lees ook:
Motorfietsryer glo in padwoedeaanval doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eben ·

Jammer maar Pierce het gekry wat hom toekom. Wie sal toelaat dat jy aangerand word en niks doen. Jammer aan Pierce se familie wat sonder hom moet aangaan, maar ongelukkig is dit so wat hy gedoen het is verkeerd. Kom ons wees ook eerlik baie motorfiets ryers (nie almal) ry onverskillig en glo dis hier ook die geval. Kom ons wag vir die hof saak …..

Boerevolk ·

Ek stem saam Eben. Motorfiets bestuurders dink die pad behoort aan hulle en dink hulle kan als met geweld regkry. Ek het my vuurwapens gekry om myself en my familie en my eiendom te beskerm. So hulle kan kom uitvind. Ek is nie huiwerig of bang om dit te gebruik nie. Ek was n militaris. Skiet en dan praat

Cherie ·

Jy se eers hyt gekry wat hy verdien het, en dan weer “kom ons wag vir die hofsaak”. Teenstelling. Rerig? En as die motoris wat gister in die aankomende baan ( verkeerde kant vd pad ooooor die witlyn) op jou vrou afgery het soos, op my omdat hy nie langer by n stukkende verkeerslig in die tou wou wag nie -)sal jy dan ook so reageer? Ek moes ligte flits, spoed verminder en na ek verby is het hy net weer dieselfde gedoen en aan die verkeerde kant van die pad begin ry!!! ry jy gereld in Jhb om te sien wat rerig aangaan?

Andre ·

Pearce is in die rug geskiet. Dit sê alles van die tipe mens wat sy moordenaar is.

MAAR: kan almal maar nie hulle egos en wapens by die huis los nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.