Padwoedesaak teen Malema teruggetrek

Julius Malema tydens 'n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema tydens ‘n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Die Limpopo-polisie het Donderdag bevestig dat ʼn saak van aanranding en saakbeskadiging teen Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en drie ander mans ná ʼn vermeende padwoede-aanval, teruggetrek is.

Maroela Media het Woensdag berig Bernard Redelinghuys (22), ʼn inwoner van Polokwane (Pietersburg) het die saak by die polisie aanhangig gemaak. Hy het beweer Malema en drie ander mans het hom Dinsdagaand in ʼn straat in die dorp aangerand, nadat hy vir hulle toeter gedruk het omdat die Mercedes Benz waarin hulle gery het, glo voor hom ingedraai het. Lees meer hier.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het bevestig dat ʼn saak teen Malema ondersoek is, maar die ondersoek is gestop toe Redelinghuys besluit het om die saak terug te trek. Dit is nie duidelik waarom Redelinghuys die saak teruggetrek het nie.

Die EFF het Donderdag bewerings ontken dat hul leier en die drie ander mans in die beweerde voorval betrokke was. “Ons bevelvoerder word nie ondersoek nie. Dié bewerings is vals en word sodanig hanteer,” het Mbuyiseni Ndlozi, EFF se woordvoerder, gesê.

Hy het gesê die bewerings is kwaadwillig met die doel om Malema in ‘n negatiewe lig te stel.

Bronne: EWN, SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anon ·

Ni lelik bedoel ni dink bernard bietji aandag gesoek by di media

Linda ·

anon – ek glo nie daar is n vrou wat beweer het sy het fotos van die voorval – en die vrou ken nie die ou wat aangeval is nie – punt is malemma en sy gespuis sal enige iets ontken

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.