
Argieffoto
‘n Nuwe wet word opgestel wat dit onwettig gaan maak vir ouers om hul kinders by die huis pakslae te gee, berig die Sunday Times.
“Indien ‘n man sy vrou slaan, is dit ‘n misdaad, maar as ‘n ouer ‘n hulpelose kind slaan, is dit nie onwettig nie,” het Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, gesê. Sy sê ouers moet verantwoordelikheid neem en hul kinders met behoorlike waardes grootmaak om seker te maak dat hulle nie “hul eie kinders uiteindelik doodmaak” nie.
Lyfstraf by skole is in 2006 onwettig verklaar.
Die Sunday Times berig dat ouers, onder die wetsontwerp, van aanranding aangekla kan word indien hulle kinders met ‘n plat hand op hul boude slaan of enige ander metode van lyfstraf toedien.\
-SAPA
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Dan vra hulle hoekom is daar so baie kriminele, diefstal en verkragting. My kind sal maniere kry.
Ek dink dis verkeerd om n wet in te stel dat uers hul kinders nie mag tug nie.ek se altyd n pakslae op sy tyd is die beste medisyne.n pakslae moet op die regte manier toe gedien word.ek sal se straf die mense wat hul kinders op ander plekke slaan as hul boude.
Colette, jy is reg, so maak mens jeugmisdadigers groot – sonder tug. Dit maak opvoeding vir my as Christen onmoontlik want sonder inspanning vind ek 5 skrifte wat op tug aandui. Nou weet ek die teoloë en slim mense gaan allerlei draaie hierom hardloop om tog net getroue gatlekkertjies of skoothondjies vir die ANC te wees, maar vir ‘n simpel ou soos ek is dit baie duidelik, veral die laaste een: Spr_1:8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; Spr_3:11 My seun, verag die tug van die HERE nie, en… Lees meer »
Liberaliste en humaniste is besig met dieselfde storie hier in Australie. Georkestreer wereldwyd?
In die bybel staan pligtig die wat jy lief het. As jy nie jou kinders op die boude kan pak gee nie, hoe gaan hulle luister en respek vir jou he? Jy moet jou kinders pakslae gee, maar nie in n ander geloof in slaan nie. Daar is n verskul.