Pakslae by die huis binnekort onwettig

Argieffoto

‘n Nuwe wet word opgestel wat dit onwettig gaan maak vir ouers om hul kinders by die huis pakslae te gee, berig die Sunday Times.

“Indien ‘n man sy vrou slaan, is dit ‘n misdaad, maar as ‘n ouer ‘n hulpelose kind slaan, is dit nie onwettig nie,” het Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, gesê. Sy sê ouers moet verantwoordelikheid neem en hul kinders met behoorlike waardes grootmaak om seker te maak dat hulle nie “hul eie kinders uiteindelik doodmaak” nie.
Lyfstraf by skole is in 2006 onwettig verklaar.

Die Sunday Times berig dat ouers, onder die wetsontwerp, van aanranding aangekla kan word indien hulle kinders met ‘n plat hand op hul boude slaan of enige ander metode van lyfstraf toedien.\
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

colette helberg ·

Dan vra hulle hoekom is daar so baie kriminele, diefstal en verkragting. My kind sal maniere kry.

Mon ·

People wake up, and start looking to end crime in the right places, like our government, not our houses where we try raise decent kids. Has anyone by any chance noticed that the more “fragile” and “talk don’t smack” and all these non-sense educational style methods of raising kids are leading to worse generations. There’s no discipline in schools, I’ve seen with my own eyes how “kids” jump around like baboonson tables, while the teacher is trying to teach, its pathetic. There will always be abuse whether you make punishment laws or not, so stop faffing about raising kids without hidings and start punishing criminals in jail and choosing decent politicians. Instead of giving criminals rights to tv, visitations, and fancy food. Its nonsense. Also I don’t see how leaders with criminal records have any rights never mind become political leaders in our country! Forget about this kid thing and WAKE UP!

Joey ·

Ek dink dis verkeerd om n wet in te stel dat uers hul kinders nie mag tug nie.ek se altyd n pakslae op sy tyd is die beste medisyne.n pakslae moet op die regte manier toe gedien word.ek sal se straf die mense wat hul kinders op ander plekke slaan as hul boude.

Flash ·

Colette, jy is reg, so maak mens jeugmisdadigers groot – sonder tug. Dit maak opvoeding vir my as Christen onmoontlik want sonder inspanning vind ek 5 skrifte wat op tug aandui. Nou weet ek die teoloë en slim mense gaan allerlei draaie hierom hardloop om tog net getroue gatlekkertjies of skoothondjies vir die ANC te wees, maar vir ‘n simpel ou soos ek is dit baie duidelik, veral die laaste een:

Spr_1:8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
Spr_3:11 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
Spr_13:1 ‘n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar ‘n spotter hoor nie na berisping nie.
Spr_19:27 Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.
Spr_23:13 Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.

leon coetzee ·

My liewe vriend … ek is n teöloog, én ek stem 100% saam, so wees maar spaarsamig met die veralgemening; met betrekking tot skrifverwyssings het jy seker die heel belangrikste een nagelaat … spr 20:30 … n pakslae laat n kind nie net ophou kwaad doen nie, dit laat hom sommer heeltemal ophou aan kwad dink … ;) … geseënde dag!!

Annatjie ·

Flash, ek is ook ‘n teoloog. Ek kan jou verseker enige teoloog wat sy sout werd is sal nie hierdie skrif verdraai nie. In elk geval sal die ANC nie teoloee raadpleeg voordat hulle oor wetgewing besluit nie. He tog ‘n bietjie respek vir die teologie. Ons is hier om te help.

Dankie.

Deon ·

Liberaliste en humaniste is besig met dieselfde storie hier in Australie. Georkestreer wereldwyd?

claudia ·

In die bybel staan pligtig die wat jy lief het. As jy nie jou kinders op die boude kan pak gee nie, hoe gaan hulle luister en respek vir jou he? Jy moet jou kinders pakslae gee, maar nie in n ander geloof in slaan nie. Daar is n verskul.

ronel ·

In ‘n land waar polisie “armed response”moet gebruik om HULLE te beskerm en waar basiese misdaad soos moord , roof, verkragting nie eens beheer kan word nie wil ek regtig sien hoe gaan hulle die een toepas. Hulle besit nie die mannekrag, infrastruktuur , opleidings pyl of integriteit om nie selfs die basiese te doen nie, so die gaan net nog n duur wet word sonder enige meriete of waarde. Klink vir my alte veel iemand het te veel tyd op hulle hande om nonsense uit te dink!

Marius Blom ·

Ek dink dit is verspot.

Onderwysers kry niks met kinders uit gerig nie omdat hulle nie gestraf word nie. Die wereld se jeug ruk hande uit omdat hulle nie gestraf mag word nie.

Ons het 2 pragtige kinders wat we’ll ‘n pak slae kry wanneer dit nodig is. Ek se nie daagliks of weekliks nie, wanner dit nodig is! Ons dogter het ‘n pragtige raport gehad na een kwartaal in ‘n nuwe skool. Ons seun het leer probleme en was verlede week by ‘n opvoedkundige sielkundige. Haar verslag verwys na ‘n soet, goed gemanierde seuntjie wat baie ouerliefde ontvang. Klink dit soos iemand wat aan gerand word? Tog kry hy ‘n paar houe as dit nodig is.

Daar is nie plek in die tronke vir al die misdadigers nie. Hofsake word vir maande uit gestel omdat die regstelsel oorlaai is, nou wil hul nog nuttelose wetgewing instel en ouers, wat omgee vir kinders, verhoed om hulle behoorlik op te voed met dissipline.

Ek gaan moontlik ‘n kriminele rekord kry, sal maar daarmee saamleef want my kinders sal gedissiplineer word en wees.

My kinders is my grootste gawe van die Here af en Hy weet dat hulle met liefde groot gemaak word en dit sluit ‘n paar houe in op die regte tyd.

Dit sal altyd my standpunt wees en bly.

Marius Blom

Nicoline ·

Presiese kommunistiese indringing van privaatheid (wonder of dit demokrasie genoem kan word) . Ek en my huis: ons sal die Here dien!!! en daarom sal ons die tugtiging soos in die Woord van God vervat uitvoer. Spreuke sê: “you will hit him with a rod and he will not die of it”. ‘n Goeie pakslae was nog altyd soos brood en konfyt en dit beteken nie om jou kind te mishandel nie. Die regering sal NIE in my huis inmeng nie. Bring eerder die misdaad onder bedaring!

Pieter ·

. Ek en my huis: ons sal die Here dien!!! en daarom sal ons die tugtiging soos in die Woord van God vervat uitvoer. Spreuke sê: “you will hit him with a rod and he will not die of it”. ‘n Goeie pakslae was nog altyd goed dit beteken nie om jou kind te mishandel nie.

beatrix scholtz ·

Die Woord se duidelik ‘ vader tugtig sy kind omdat hy hom liefhet, so tugtig God ons omdat Hy vir ons lief is. Woord se duidelik, ‘n pak slae red hom huis van die dood!!!!

Helena Pienaar ·

Ag dit is totaal belaglik!!!!!!!

As die ore toe is, is daar niks wat daai proppe so vinnig laat uitspring soos ‘n ordentlike hou op die agterstewe nie, glo my ek het 4 kinders suksesvol groot gemaak.

Andrew ·

Sodra my kind gebore word sal ek maar dit “safe” speel en hom/haar maar by Pretoria Sentraal gaan aflewer sodat die kind maar deur die staat as ‘n krimineel groot gemaak kan word.

As ouers nie meer kinders mag tug nie gaan dit in elke geval gebeur, eintlik gebeur dit al klaar ouers is al reeds te bang om die plathand in te le, onderwysers mag dit nie doen nie, milletere diensplig is nie meer ‘n opsie om disipliene te leer nie so wat bly oor DIE TRONKE.

So haar edele minister Bathabile Dlamini moet haar self gereed maak om miljoene kinders op haar manier groot te maak. moet net nie by my bail geld kom soek nie.

Jaco du Plooy ·

Ek is Gister ingelig dat die uiteinde van my dissiplinere verhoor is dat ek vir 1 maand sonder salaris geskors word as onderwyser. Dit na aanleiding van `n kind wat ek gefoeter het. Ek is absoluut gekant teen aanranding maar kinders het soms lyfstraf nodig. Ek sê vir u dis nie maklik om `n onderwyser te wees sonder lyfstraf nie. Dis nag!

Moet asb nie hierdie sotheid in julle huise toelaat nie. Dis nou `n seker manier om in te gee vir die Satan.

Annetjie Horne ·

Vandat sielkunde uitgekom het, is die tronke vol en die kerke leeg! Die Woord sê buig die boompie terwyl dit nog klein is.

marselle ·

Ek wil net een ding se, ek het nog nie kinders maar my vriendin het 2 en sy gee hul gladnie pak. Hoe werk dit hoe leer jy dan jou kind as hy klein is wat is reg wat is verkeerd, dit is soos n hondjie wat groot word hoe gaan jy hom leer om nie in die huis sy dinge te doen sonder om hom te piets nie, hy sal mos dan nooit leer nie, pakslae is nie mishandeling nie, dis hoe ons nasie groot gemaak was en sal oorgedra word, gaan kyk bietjie na die ou tyd se maniere van kinders groot maak, en ek stem daarmee saam, ek gee nie om wat die wet gaan se nie, my kind sal ek eendag pak gee as hy nie luister nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

kobie fick ·

Kinders kan nie sonders slae groot gemaak word nie dan maak mens hulle vir die duiwel groot

Melissa ·

Dit is absoluut belaglik! Hierdie vroumens het nie ‘n idea waarvan sy praat nie! Niemand gaan vir my sê hoe ek my kinders gaan groot maak nie! Kinders moet pakslae kry, anders het hulle nie maniere nie!

HELENA SEABORNE ·

qg pokken please, dis hukom die jongmense so hand uitruk. kry mos gehoorsame ouers vandag. daar is i verskil tussen i goeie loesing en mishandel. hel mense ek is mishandel en ek lewe nog i goeie lewe sonder enige hangups. dan wonder die spul hukom vandag se jongmense sulke uittartende, dwelmsuf, lewenssuf spul is. geen disipline ni. my kids is met i goeie klap op die agterent grootgemk en ek mk my kleinkind ok so groot. maar ja, als wat die Bybel se word mos eenkant toe gegooi of afgemaak as siektes deesdae.

Gert Malan ·

Dis is omdat SY nooit getugtig was nie dat sy sulke sotlikhede kwytraak!

Belinda ·

Net gister praat ek hiervan met ‘n vriend wat van Australie kom kuier het. Daar is dit heeltemal onwettig en die ergste van als is dat die kinders word in die skool geleer dat hulle ouers hulle nie mag pak gee nie. So die kinders mag dan die kinderlyn skakel. Ons vriend se kollega het deurgeloop onder die kinderwelsyn omdat sy kind hulle gebel het. Dis absoluut belaglik, ek stem glad nie hiermee saam nie. Ek het ook 2 kinders en ek tug wanneer dit nodig is.

amy ·

Dis ‘n hartseer dag vir Suid-Afrika dat die wet ingestel word. Ek is seker ons almal hier het al een of ander tyd in ons lewens ‘n paklae gekry. Ek het so een od twee ‘n jaar gehad. Dan was dit nie eens so erg nie. Ek bedoel nou, die hale het nie vir dae gelê nie.

Selfs net as ons gedreig is met ‘n pakslae, het ons vir weke in ons spore getrap. Ek sal graag wil sien hoe SA oor tien jaar gaan lyk as kinders nie meer gefoeter mag word nie. Die regereing gaan dan vir BAIE mense moet sorg, want ek is seker van hulle gaan in tronke opeindig. Maar ja, dan gaan dit mos die ouers se skuld wees…???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.