Panga-moord: Saak uitgestel weens agterstand by forensiese laboratoriums

Die saak teen vier mans wat daarvan verdink word dat hulle Sinodia Schutt (32) in Februarie met ʼn panga doodgeslaan het, is Dinsdag in die Vredenburg-landdroshof uitgestel omdat daar glo ʼn agterstand by die staat se forensiese laboratoriums is.

Die vier verdagtes, Marlon van Wyk (24), Sharif Padayachee (22), Ricardo Williams (23) en Jerome Januarie (28) het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn in verband met Schutt se moord, het die Cape Argus Woensdag berig.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle Schutt, van Diazille in die Wes-Kaap, op 26 Februarie in haar slaapkamer met ’n panga herhaaldelik in haar gesig en bors gesteek het.

Eben van Tonder, vir die staat, het in die hof gesê forensiese toetse van DNA wat op die slagoffer se klere gevind is, is nog uitstaande. Hy het bygevoeg dat die saak voorrang geniet. Die saak is tot 30 Julie uitgestel.

Die vier verdagtes se borgtog is vroeër vanjaar teengestaan en hulle bly gevolglik in aanhouding.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.