ʼn Winkeleienaar in Marikana in Noordwes se voorraad pangas en byle het opgeraak weens ʼn verhoogde aanvraag daarna tydens die Marikana-onluste.
Vuyani Ngalwana, namens die polisie, het Dinsdag by die Farlam-kommissie ʼn verklaring van Mohammed Cassim, die winkeleienaar, voorgelees. “Ek het gewoonlik so 30 pangas in die winkel maar hulle het vinnig opgeraak en ek moes nuwe voorraad koop.” Cassim sê dit is die eerste keer wat hy so baie wapens verkoop het. Hy sê klante sal gewoonlik die pangas in koerantpapier toedraai voor hulle die winkel verlaat maar dat hulle in die tyd die pangas in hulle klere versteek het. Luidens ʼn verklaring van “Mnr. Y” is hy op 13 Augustus op pad werk toe aangeval, verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en vir dood agtergelaat. Hy het oorleef en twee van sy aanvallers uitgewys. Die verhoor duur voort.
Dalk kom hier nog ‘n vakansiedag, “DIE MARIKANA 2013 DAG”