Panthers-rugbyklub geskors na beweerde rasvoorval

Die Panthers-rugbyklub van Edenvale aan die Oos-Rand is deur die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU)geskors na beweerde rassistiese geweld tydens ʼn wedstryd teen die Soweto-rugbyklub die naweek.

Die GLRU sê die Panthers is geskors nadat sy nierassisme- en ontwikkelingskomitees verklarings nagegaan het van diegene wat betrokke was by die wedstryd. Die GLRU sê die Panthers en sy lede word met onmiddellike effek verbied om om deel te wees van enige GLRU-aktiwiteite. Daar sal ook verdere aksie teen die klub geneem word nadat bewysstukke en verslae aan die GRLU se dissiplinêre komitee oorhandig is. Volgens berigte is ses spelers van die Soweto-rugbyklub beseer toe spelers én toeskouers van die Panthers-klub hulle glo aangeval het. Die Panther-rugbyklub beweer hulle is aangerand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.