Paralimpiese Spele: Goud vir mans aflosspan

Suid-Afrika se mans 4x400m aflosspan. Foto: @Team_SA_2012

Suid-Afrika se mans 4x100m-aflosspan (T43-44) het gisteraand die land se 17de medalje gewen in ʼn wêreldrekordtyd by die Paralimpiese Spele in Londen.

Samkelo Radebe, Zivan Smith, Arnu Fourie en Oscar Pistorius het die item in ʼn rekordtyd van 41,78 sekondes gewen. Alan Oliveira van Brasilië het Pistorius amper naby die eindstreep ingehaal maar Pistorius se vasberadenheid het hom deurgedruk. “Ons het gekom om die wêreldrekord te breek en ons het. Ons het kalm gebly voor die resies en elkeen het geweet wat hy moet doen. Dit maak my trots om vanaand deel te wees van die span,” het Pistorius na afloop van die resies gesê. Brasilië en Amerika is gediskwalifiseer. China het tweede geëindig terwyl Duitsland met die derde plek tevrede moes wees.

Pistorius en Fourie het ook vroeër gister albei vir die 100m (klas T44) finaal gekwalifiseer. Dyan Buis het gister sy tweede medalje vir Suid-Afrika gewen nadat hy derde gekom het in die verspring (klas F38). Suid-Afrika het reeds 17 medaljes – vier goud, vyf silwer en agt brons – by die Paralimpiese Spele ingepalm en is in die 21ste plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.