Paralimpiese Spele: Nog twee medaljes vir SA

Suid-Afrika het gister nog twee medaljes ingepalm by die Paralimpiese Spele in Londen.

Charles Bouwer het nou drie medaljes nadat hy ʼn silwer in die 100m-rugslag (klas S13) gewen het. Ihar Boki van Belo-Rusland het die goue medalje gewen in ʼn rekordtyd van 56,97 sekondes. “My afrigter het aan my gesê om druk op Boki te probeer plaas sodat hy ook kan stres en foute kan maak, maar hy het vinniger as ek weggespring,” het Bouwer gesê na afloop van sy item. “Toe ons omgedraai het, het ek gesien daar is probleme en dat ek hom nooit sal inhaal nie. So die enigste ding wat oor was om te doen was vir my om net my eie fantastiese resies te swem en ek het myself so hard gedruk as wat ek kon. Ek is baie gelukkig met my silwer medalje aangesien ek sesde geëindig het in die item in Beijing en dit ʼn groot prestasie is vir my.”

Union Sekailwa het ʼn brons medalje in die 400m (klas T38) ingepalm. Suid-Afrika spog reeds met 12 medaljes – twee goud, vyf silwer en vyf brons – en is in die 23ste plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.